Platters 2017: Paul Roos Wines Awarded 4 ½ Stars
November 28, 2016
On a Visit to Rust en Vrede
December 8, 2016
Show all

Vader Kersfees sê dankie

Chareldine van der Merwe, die VVA se projekorganiseerder, het op 24 November vir elke kind in die Babbel en Krabbel-créche op Rust en Vrede (net buite Stellenbosch) ‘n VVArugsakkie met boeke gaan afgee namens Vader Krismis.
Johan en Tjuks Roos, die eienaars van die plaas, het die créche reeds in 1983 begin. Nie ‘n enkele kind wat in hierdie créche was, moes al ooit ‘n jaar herhaal nie. En dit spreek boekdele.
Boonop het die Roos-broers in 2014 besluit om hierdie inisiatief uit te brei sodat die kinders van Rust en Vrede tot op tersiêre vlak ondersteun kan word. Tans is daar 14 leerders in die créche, 14 op skool, een by ‘n kollege en twee op universiteit. Daar word ook ‘n nasorgsentrum en ‘n biblioteek beplan vir volgende jaar.
Hoe doen hulle dit? Al die plaaswerkers is aandeelhouers en het dus ‘n wesentlike aandeel in hulle kinders se welsyn en opvoeding. Hulle is besig om selfonderhoudend te word en sal dus in die toekoms nie meer afhanklik wees van Tjuks en Johan Roos om hulle lewensomstandighede teverbeter nie.
Hoe word die inisiatief befonds? Met ‘n briljante plan: Paul Roos-Wyn wat in 2014 gebore is. Gaan kyk gerus op www.paulrooswine.com na Die Skoolhoof (witwyn) en Die Filantroop (rooiwyn) wat spesiaal vir hierdie inisiatief gebottel word. Dis ‘n pragtige geskenk, of sommer net lekker om self te drink en te weet jy ondersteun ‘n lofwaardige projek.
Dit laat my wonder of daar nie ‘n Tom Heineman iewers rondloop wat inisiatiewe soos hierdie wil verfilm en die wêreld instuur nie. En dan kan die Swede sommer geld laat kom om ‘n verskil te maak aan die lewens van mense, stilstil, soos dit hier op Rust en Vrede gebeur.
Vader Kersfees sê dankie

Die leerdertjies van Babbal en Krabbel op Rust en Vrede buite Stellenbosch saam met hulle juffouens Lizzie Sass, Annemarie Adams en Mary Februarie. Hulle het boeke vir Kersfees van die VVA ontvang.

This was an excerpt from the Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans
Jaargang 20 | Nommer 3 | Desember 2016
Download the article in PDF format by clicking here.

Leave a Reply

Your email address will not be published.